Sport

Ons plaas groot klem op sportdeelname en geleenthede vir alle leerders.  Dus is ons in baie sporte die enigste skool in die Noord-Kaap wat A-C en self D- spanne het.  Sporte wat aangebied word is:
Rugby, Krieket, Netbal, Atletiek, Landloop, Swem, Tweekamp, Skaak, Tennis en Trommies.

Toere en spesiale toernooie van ons eie, is jaarliks aan die orde van die dag.

Leerders wat Noord-Kaap kleure in sport verwerf, kwalifiseer vir ons jaarlikse sportuitdeling.

Geluk aan NEWTON netbal met hul prestasie as ligawenners in die o/9, o/10 & o/12 ligas.Trots groen !!!

Meyer Meintjes, kaptein van Newton eerste seuns tennisspan, met die trofee vir die span met die beste gedrag op die toernooi in Bethlehem.[ 3 - 7 Aug 2010.] Die span was SEWENDE  in die top toernooi.Baie geluk, ons is trots op julle.

SPRINGBOK SE KIND !!! San- Marie van Niekerk het die naweek ,3 - 7 Aug. 2010 ,goud sowel as silwer op die S.A. skopbokstoernooi behaal. Sy is ook gekies vir die S.A. span. Baie geluk, ons is saam trots op nog 'n NEWTON SPRINGBOK!!!

Newton rugbyspanne ; o/9A, o/11A, o/12A & o/13A is die nie amptelike Noord -Kaap rugby kampioene. GELUK , ons is TROTS GROEN!!!

Bernu Engelbrecht vat voor vir die o/12 kampioene.

Donavan de Beer, vuurvreter haker van die o/13A wittes ,draf uit vir Vrydagaand se oorwinning oor Andalusia.

Newton drummies at ABSA Park supporting the Grigs all the way!!! Well done girls, we are indeed proud of you.

Newton Trommies het Griekwas gehelp om die leeus se sterte te knoop op ABSA Park.

 1 2 3 4 5  
Home  |  Contact Us  |  Browser  |  Disclaimer  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Webmaster
© 2010 Laerskool Newton - All Rights Reserved