Akademie

Akademie is die hart van ons skool  Elke leerder moet Wiskunde, Engels en Afrikaans tot Matriek neem.  Die leerareas dra dus groot gewig.  In Wiskunde neem ons kwartaalliks deel aan Nautilus in Bloemfontein.  Ons skool het in 2009 in graad 4 – 7 die eerste drie posisies in Noord-Kaap Amesa Wiskunde kompetisie behaal.

In die skool is ook verrykende Wiskunde klasse.  Met die resultaat, dat ons al 3 leerders opgelewer het wat “S.A. kleure” in Wiskunde behaal het.  Vanjaar gaan Lourens van Niekerk na Hong Kong vir ? wêreldwye Wiskunde-kompetisie.

Vanaf Graad 4 – 7 kan leerders Afrikaans en Engels op Eerste Taal vlak neem.  So word hulle dus toegerus vir die Hoërskool en Universiteit.

Leerders kwalifiseer vir Top 10 Akademiese kleure vanaf Gr. 4-7.  Die top akademiese leerders gaan dan ook op ? akademiese toer.

Alle leerders wat 80% en beter behaal, kwalifiseer vir die akademiese prysuitdeling van die skool

Die leerders word ook in meriete klasse onderrig.  Die begaafde leerders kry meer uitdagende werk en die swakker leerders beter vaslegging.

Wian du Plooy behaal eerste plek vir graad sewes in die Noord -Kaap tydens die ABSA wêreldkennis olimpiade. Geluk, jy's 'n yster.

Simon Müller spog met die eerste plek in die Noord- Kaap vir die ABSA wêreldkennis olimpiade in graad 6.Geluk, jy's 'n ooopkop seun!!

Mentor leerkragte word opgelei om UNISA onderwysstudente in ons skole te kan huisves en te kan oplei.Die opleiding geskied deur ons Skoolhoof.  

Marlouette Kleynhans  Eerste Liefde. Met sy Rambo-lyf en donker kuif draf hy op die rugbyveld.My bene voel soos jellie en as hy eers vir my kyk... is ek rooier as 'n tamatie...     ...en nou bly geloof,hoop en liefde,maar die grootste hiervan is die LIEFDE.

Wian Du Plooy, uit Afrikaanse module: Die Liefde: "Thyswerk": Hy is arrogant,apaties,aspris en maak depressief...ja, dis huiswerk. Na die hoogtepunt van elke dag, my rugbyoefening,slaan hy toe. Daar bestaan nie 'n ding soos verskonings of 'n ompad nie, jy moet... Maak nie saak wat dit is nie, huiswerk staan sentraal in jou kamer, en jy moet hom in die oe kyk.

Meyer Meintjes :UIT AFRIKAANS MODULE, DIE LIEFDE :Eienskappe van 'n goeie vriend. My vriend moet iemand wees wat ek kan vertrou.Ek moet my vrese en vreugdes met hom/haar kan deel. Lojaliteit is 'n eienskap wat ek in my vriend soek. Sy waardes moet ook dieselfde as myne wees.Respek vir mekaar is belangrik en ander mense moet altyd in ag geneem word.Dit moet lekker wees om in mekaar se geselskap te wees.Ons moet mekaar kan ondersteun en op mekaar kan steun. 

Jassica Du Plessis: AFRIKAANS UIT MODULE : Die liefde: Afrikaans slagspreuke : Liefde is... God se suurstof aan onervare minnaars, ...om soms Jannie se baadjie aan te he, ...soos 'n reenboog, kleurvol, ...daar om jou hartsnare te roer, ...is die fokuspunt van jou hart.

Tydens 'n meningspeiling deur die DFA - koerant, Kimberley dagblad, is Newton in Maart 2010 as die top laerskool deur die lesers aangewys. Mooi so, die lesers is defnitief OP DIE BOL, en ons is DANKBAAR TROTS.

 1 2 3  
Home  |  Contact Us  |  Browser  |  Disclaimer  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Webmaster
© 2010 Laerskool Newton - All Rights Reserved