Hardus van der Merwe

BIATHLE

Hardus van der Merwe neem op 23 Junie aan die SA Biathle Kampioenskappe in Port Elizabeth deel.  Hy eindig 11de in die seuns onder 15 afdeling alhoewel hy slegs 13 jaar oud is.  Biathle is ‘n Olimpiese sport wat hardloop en swem kombineer.  Hardus moes vir Vrystaat kleure kwalifiseer aangesien die sport nie in NK aangebied word nie.

 

LA HERRADURA TRAILRUN

Hardus neem op 14 Julie aan die 13km La Herradura trailrun naby Reinosa in Noord-Spanje deel. Hy eindig 2de in die 15-17 ouderdomsgroep alhoewel hy slegs 13 jaar oud is.