
Welkom by Newton! Hierdie webblad vervat die belangrikste inligting en prestasies wat behaal is deur ons leerders. Daar is ook foto’s oor die grade, kultuur en sportafdelings.
Dit behoort u 'n idee te gee waarom ons so trots is op hierdie skool, en voornemende leerders opgewonde te maak om ook deel hiervan te word. Newton Laerskool staan voorwaar uit soos 'n baken in hierdie Diamantstad Kimberley en ons land, Suid-Afrika.

Die Newton skool is in 1883 begin as 'n "second class Public School". Die kerkraad van die NG Kerk Newton het dit oorgeneem as 'n kerskool en bestuur as "The Newton Day School". Finansiële verpligtinge het die kerkraad egter genoop om in Junie 1890 'n versoek te rig aan "The Board of Management of Undenominational Schools" om die skool oor te neem en te administreer. Op 1 Oktober 1890 is die . . .
lees meer
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |











